10 dae gelede
Joggies kry opgeskorte vonnis ná bedrog
Twee petroljoggies is op klagte van bedrog skuldig bevind.  ~ Foto ter illustrasie

TWEE Kaapse petroljoggies was gelukkig om die tronk vry te spring nadat hulle Woensdag op klagte van bedrog skuldig bevind is.

Thembalethu Jamani (33) en Xolani Mbangi (28) is in die Blue Downs-landdroshof 18 maande tronkstraf opgelê wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar.

Jamani en Mbangi het by die Sasol-vulstasie in Blue Downs in Kaapstad gewerk. Hulle is daaran skuldig bevind dat hulle gedurende Julie 2018 kloonkaarte gebruik het wanneer hulle petrol ingegooi het vir motoriste wat met kontant betaal het.

Zinzi Hani, 'n Valke-woordvoerder, sê hulle het R6 390 uit die bedrogspul gemaak.

Die twee is ook onbevoegd verklaar om 'n vuurwapen te besit.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters