10 dae gelede
Dokter geskiet ná roof by spreekkamers
A shooter enters.
'n Ontvangsdame is in die voorval doodgeskiet.  ~ Foto ter illustrasie: News24

'N ONTVANGSDAME by 'n dokter se spreekkamers in Gauteng is doodgeskiet nadat 'n groep rowers Woensdagmiddag die gebou bestorm het.

Die rowers het kontant geëis waarna 'n skietery ontstaan het waarin die ontvangsdame noodlottig gewond is. Die voorval het om 16:34 op Peter Magana-weg in Mabopane Unit C in Tshwane gebeur.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê 'n tweede volwasse vrou, vermoedelik die dokter se assistent, het ernstige beserings in die voorval opgedoen.

"Die dokter, 'n volwasse man, is ook geskiet en is met 'n privaat voertuig na die hospitaal gejaag. Die dokter is later met 'n Netcare911-helikopter na 'n spesialis-fasiliteit geneem."

Herbst sê die omstandighede wat tot die voorval gelei het, word nog deur die relevante owerhede ondersoek.


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters