11 dae gelede
Baas van gastehuis vas ná 2 in stort sterf
(Photo: Supplied)
Jean Vosloo en sy verloofde, Mari Hoon, is laas jaar dood in 'n shower gevind.  ~ Foto Verskaf

DIE eienaar van ’n Oos-Kaapse gastehuis waar ’n paartjie dood in ’n shower aangetref is, is ’n jaar ná hulle dood gearresteer.

’n Vriend van Mari Hoorn (28) en Jéan Vosloo (25) het hul lyke op 26 April 2020 in die badkamer van die Kliphuis Guesthouse in Kareedouw gevind, berig News24.

Daar was geen sigbare beserings aan die liggame nie en ’n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Borgtog

Sers. Majola Nko­hli, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n toksikologie-verslag het egter later bevind die paartjie is dood aan koolstofmonoksiedvergiftiging.

Die beskuldigde, Kevin Pretorius (47), is Dinsdag gearresteer waarna hy vlugtig in die Humansdorp-landdroshof verskyn en op borgtog van R1 000 vrygelaat is, berig News24.

Luidens ’n artikel in Huisgenoot het Hoorn en Vosloo mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet. Hulle was verloof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters